Ons wil bel PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 22 January 2008 00:00
Untitled Document

Sheila van Die Wilgers skryf:

Dit is met groot opwinding dat ons elke maand uitsien na die Vreethans-rubriek. Tog is dit vir ons ’n leemte dat julle nie ’n telefoonnommer by dié restaurant resensies sit nie.

Ons wil so graag gaan vis eet by die Ed’s Place wat julle in jul Desember-uitgawe bespreek het, maar vind glad nie so ’n telefoonnommer by Telkom nie. Ook nie ’n advertensie vir die plek waar ons dalk’n nommer sou kon kry nie.

Kan julle dalk in die toekoms telefoonnommers by dié rubriek sit?

Ed’s Place se advertensie is op bl. 8. Ons neem u wenk ter harte-Red.

 

© 2019 Die/The Bronberger