Dag van geniet by Kitty Hawk se vliegveld PDF Print E-mail
News - Artikels
Tuesday, 11 November 2008 03:48
Untitled Document

Op die eerste dag van November het mense uit die omgewing en van elders opgeruk na Kitty Hawk om te deel in ’n “dag by die lughawe”. Vliegtuie van uiteenlopende aard en aansien is vir besigtiging staangemaak en mense is getrakteer op verbyvlugte en die formasievlieg van vyf Harvards en hulle vernuftige vlieëniers. Veteraan motors, radiobeheerde vliegmasjiene en brullende motorfietse kon ook geniet word. En natuurlik die lekker selfhelp ontbyt, middaghappies en vloeibare verversings van die vliegplek se klubhuis.


Seuntjies van alle ouderdomme het nadergestaan om te kyk hoe die manne met hulle radiobeheerde vliegtuigies vir ?n vertoning gereed maak

Diť kannetjies het hulle vergaap aan die dubbelvlerk veteraan

 


?n Groot verskeidenheid vliegtuie en helikopters van uiteenlopende aard was te sien

Kleurvolle mikro-vliegmasjientjies het die blou lug bokant Boschkop se rantjies opgehelder

 


?n Enkelsitplek vliegtuig durf die groot oopte aan terwyl besoekers toekyk


Die eienaars van radiobeheerde vliegtuie het die monde laat oophang met vliegtoertjies. Voor staan twee getroue skaalmodelle van Amerikaanse Mustangs


Vir baie was die vertoning van vyf Harvards in formasievlug die hoogtepunt van die dag

 

 

© 2019 Die/The Bronberger