Nuwe sportinspuiting vir skoolkinders PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 27 October 2015 08:01
Untitled Document

Elsabé Maré

‘n Nuwe ouergedrewe sportonderneming het op 19 September by die Cullinanse sportgronde tot stand gekom.

Volgens Etienne Coetzee, voorsitter van die Cullinanse sportklub, is die doel om leerders op ‘n wye vlak by sport betrokke te maak en hulle deur kundiges te laat afrig. Van die sportlegendes wat by die dag betrokke was, is: Richard Bands en Jannie Brooks (rugby); Claudine Claasen (netbal); Quentin Ferreira (krieket) en Philip Sibeya (sokker).


Dié drie manne staan aan die stuur van die klub: Louis Jacobs, komiteelid, Cullinan sportklub; Etienne Coetzee, voorsitter Cullinan sportklub; en Johan Viljoen, ouerverteenwoordiger

Die onderneming het die steun van die Blou Bulle Rugby-unie, Titans (Noord-Transvaalse Krieketunie), Noord-Transvaalse Netbalunie, Nokeng Football Association, en Tshwane streek vyf se sportsraad.

Cullinan Diamantmyn is die fasiliteerder en borg die onderneming. T-hemde, hoedjies en energiestafies is vir die leerlinge uitgedeel. Die sportklub werk deur die skole se ouerkomitees, wat dit beheer. Die beplanners hoop om op dié wyse oor ‘n duisend leerlinge tussen die ouderdomme van ses en 19 jaar te bereik en om die funksie twee keer per jaar hier aan te bied.     


Die outjies leer onder wakende oog van die Bloubul-afrigters, hoe om mekaar te duik

Dié jeuggroep is die voorloper van die Cullinan Diamantmyn se jeug sportakademie, wat in 2017 daargestel gaan word.

 

© 2019 Die/The Bronberger