Gewilde Anneke oorlede PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 27 October 2015 07:48
Untitled Document

Anneke Colyn, wat vir 24 jaar as administratiewe en finansiële klerk by die Boschkopse polisiestasie gewerk het, is op 10 Oktober in haar slaap oorlede.

Anneke was baie bekend en gewild onder al die inwoners van die Bronberg-gebied waarmee sy te doen gekry het. Sy het die werkinge van die polisiekantoor soos haar handpalm geken en het skakelborddiens, finansies en vuurwapenlisensies tot probleme met die diesel-kragopwekker met dieselfde gemak en gewilligheid hanteer.

Volgens Mike Strange van die MZT-gemeenskapsbeveiliging-groep was Anneke ’n baie spesiale mens met ’n permanente glimlag en ’n bereidwilligheid om te help wat nooit getaan het nie.

In huldeblyke aan oorledenes word soms geneig om mense te verhef tot ’n status wat hulle nooit werklik bereik het nie, of om minder aantreklike eienskappe te verdoesel, sê Mike.

Maar Anneke was iemand wat voortdurend as mens uitgeblink het en waaroor net goeie goed gesê kan word. Haar afsterwe laat ’n leemte in die gemeenskap en sy sal deeglik deur kollegas, vriende en die mense van die gebied gemis word, het Mike gesê.

 

© 2019 Die/The Bronberger