Noodnommers nou altyd binne bereik PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 11 November 2008 02:50
Untitled Document

Was jy al ooit dringend op soek na kontakbesonderhede vir die polisie of brandweer, ambulans of ’n hospitaal in ons omgewing? Of wat van een van ons gebied se gemeenskapspatrollies se noodnommer? As jy Internet-toegang op jou selfoon het, kan jy al dié nommers nou van enige plek af op enige tyd van die dag of nag kry op Die Bronberger se webtuiste by www.bronberger.co.za. Ons het ’n nuwe afdeling, genaamd ‘noodnommers’, op ons webtuiste geskep as ’n gemeenskapsdiens aan ons lesers.

Veilig
Hier kry jy afdelings soos ‘gemeenskapsveiligheid’ met sewe onderafdelings wat gemeenskapspatrollies soos die Mooiplaats Veiligheidsinisiatief, die Boschkop Gemeenskapspolisiëringsforum, Bashewa Brandbestrydingsorganisasie, Zwavelpoort Inwonersvereniging, Shere Inwonersvereniging, Kungwini-wes Alliansie en Magalies-Bronberg Eienaarsvereniging insluit. Ons verskaf telefoonnommers, name van kontakpersone, e-posadresse en webtuiste-adresse.

Dié gemeenskapsveiligheidsgroepe word ook uitgenooi om waarskuwings oor verdagte gebeure in ons omgewing op ons gemeenskapsforum te plaas. Besoek ons webtuiste vir meer inligting oor hoe om te registreer as lid van dié forum.

Polisie
Die afdeling genaamd ‘polisie’ gee jou vyf onderafdelings met noodnommers vir die Blitspatrollie, Boschkop, Welbekend, Garsfontein en Cullinan Polisiestasies. Onder ‘hospitale’ gee ons die hospitale,’n kliniek en ambulansdiens in ons omgewing se nommers en adresse. Daar is selfs ’n afdeling vir noodgevalle met diere. Die noodnommers sluit hulplyn nommers in wat strek vanaf ‘Lifeline’ en ‘Childline’ tot ‘SAPS Crime Stop’ en ‘Corruption Help Line’.

Daar is afdelings vir ons gebied se plaaslike regerings, soos Kungwini en Nokeng Tsa Taemane, wat selfs Kungwini raadslede se telefoonnommers insluit. Laastens bied ons kontakbesonderhede vir die Gauteng Departement van Landbou, Bewaring en die Omgewing.

Gids
Lesers is welkom om ons te kontak oor verdere noodnommers wat hulle graag op ons webtuiste sal wil sien. Dié is ’n afdeling wat sal groei volgens ons lesers se behoeftes, soos ons aanlyn besigheidsgids. Maak gerus ’n draai by dié besigheidsgids op ons webtuiste om te sien watter ondernemings in ons omgewing reeds deel daarvan is. Enige onderneming is welkom om hier gelys te word. Vir meer inligting, stuur vir ons ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it , This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it , ’n faks na 086-650-7860 of besoek ons webtuiste by www.bronberger.co.za.

 

© 2019 Die/The Bronberger