Het jy gehoor? / Have you heard? - Sep2015 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Sunday, 27 September 2015 17:29
Untitled Document


Met die aanbreek van die lente het Francois Breytenbach dié foto, wat op sy Boskazi-hoewe in Bashewa geneem is, gedeel. Die byskrif was: “Spring is in the air.”

~*~


Die Cullinan Kreatiewe Kuns en Kersmark is van 29 Oktober tot 3 November op die hoek van Zonderwaterweg en die Rayton-pad (R515). Die mark is daagliks oop van 9 vm tot 7 nm en is gesluit op die Sondag. Bel vir Alta by 082-682-1252, Marius by 082-923-3804 of stuur ‘n faks na 086-543-7339.

~*~


Dit is CRC Droomweek plus Die Geskenke Trommel van 6 tot 10 Oktober. Hier kan jy handgemaakte geskenke vir die hele gesin koop. Die mark begin 8 vm daagliks en is by die Christian Revival Church (CRC) op die hoek van Hans Strijdomrylaan en Lynnwoodweg. Skakel 082-804-1304 of stuur ‘n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Die Hoërskool Menlopark se Blou Teater bied ‘The Sound Of Music’ op 28, 29 en 30 September by die Atterburyteater aan. Die vertonings is van 7 nm tot 9 nm. Dit is die ware verhaal van ‘n wewenaar vlootkaptein wat met sy sewe kinders se goewernante trou. Wanneer hulle van wittebrood af terugkeer, ontdek hulle dat Oostenryk deur die Nazis oorgeneem is. Die familie ontsnap net-net oor die berge van Switserland op die vooraand van die Tweede Wêreldoorlog. Kaartjies vir volwassenes is R120 en vir kinders tot 18 jaar R80. Skakel 012-471-1700.

~*~


Back2Basics is op 30 en 31 Oktober om 7 nm by die Cullinan-ontspanningsaal, Brillante La Mia Restaurant, op die hoek van Main- en Librarystraat. Kaartjies is R30 tot R150. Bel Jessica by 083-658-1001, Ada by 079-756-5265 of Denise by 061-453-4272 of stuur ‘n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Mathys Roets tree op Saterdag 10 Oktober om 4 nm by die NG Kerk Rayton op. Kaartjies is R180 per persoon en dit sluit ‘n ete in. Skakel die kerkkantoor by 012-734-4323.

~*~


Die Atterbury Nasionale Klavierkompetisie is van 12 tot 16 Oktober in die Atterburyteater. Dit is die enigste kompetisie in Suid-Afrika vir deelnemers onder die ouderdom van 20 en kontantpryse van meer as R110 000 is op die spel. Vier-en-veertig jong deelnemers van regoor die land is gekies om in die vyfde Atterbury Nasionale Klavierkompetisie deel te neem. Daar is vier rondtes en deelnemers word in drie ouderdomsgroepe ingedeel. Toegang is gratis en die kompetisie is van 9 vm tot 5 nm.
Skakel 012-471-1700.

~*~


Do you have a camellia tree on your property that might be of historical interest? The SA branch of the International Camellia Society (ICS) is calling on gardening enthusiasts to let them know of any old or unusual camellias they might be aware of. The photograph shows horticulturist Richard Arm admiring ‘Laurian Brown’, Camellia reticulata. Contact horticulturist and landscape designer, Keith Kirsten, who is the South African representative of the ICS, at This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it about the camellia in your garden.

~*~


Steve Hofmeyr tree op 2 Oktober by Rafters op. Toegang is R170 per persoon. Rafters is langs Garstfonteinweg-verlenging oorkant Mooikloof. Skakel 082-600-3469.

~*~


Have you seen a rose-ringed parakeet in your garden? Do you know of a specific roosting or breeding spot in your neighbourhood? The rose-ringed parakeet project aims to collect data on the population size, range, distribution and ecology of this invasive parrot species in South Africa. The project needs assistance from birders, citizen scientists and the general public. E-mail photos to This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it with details on sighting.

~*~


Sit blomme in jou hare en gaan kuier op 5 Oktober saam met Nataniël se ‘Lentekombuis’ by Atterburyteater. Dié is ‘n kook-en-kletsgeleenthede waar Nataniël op die verhoog staan en smullekker geregte demonstreer. Die resepte van die aand se seisoenkombuis is ná die tyd in die voorportaal beskikbaar. ‘Lentekombuis’ is van 7 nm tot 8.30 nm en kaartjies is R200. Skakel 012-471-1700.

~*~


‘n Lente Roosfees word van 2 tot 11 Oktober vanaf 8 vm elke dag by Ludwig se Roosplaas gehou. Die plaas is op Kloppersbos, Pyramidweg in Haakdoornlaagte. Skakel 012-544-0144 of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~

The Green Market is held on 3 October from 9 am to 2 pm at the Pretoria National Botanical Gardens. This market helps educate and raise awareness of the benefits and importance of a greener lifestyle. It is also a networking opportunity for businesses that trade in ‘green’ products. E-mail: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Phone: 083-562-5249.

 

© 2024 Die/The Bronberger