Bekendstelling van ons Toekaboek is om die draai Print E-mail
News - Toeka se dae
Tuesday, 25 August 2015 08:47
Untitled Document

Jy word uitgenooi na die boekbekendstellingsgeleentheid vir die Bronnie se koffietafel-boek, ‘Toeka se Dae – Die Karakters’, op Saterdag 26 September.

Die bekendstelling is 10.30 vm vir 11 vm by Cullinan se geskiedkundige stasie-terrein, Cullinan Junction.

Die boek is gebaseer op die artikelreeks, ‘Toeka se dae’, in Die Bronberger met die klem op die kleurvolle karakters wat ou Pretoria gekenmerk het. Ons fokus glad nie net op bekende feite oor beroemde figure nie en dié boek is nie net op liefhebbers van die geskiedenis gemik nie. Ons vertel jou die minder bekende feite oor bekende mense en stel jou voor aan mense wat nooit in die geskiedenisboeke opgeteken is nie. Dit is lekkerlees-stories vir almal.

Die boek is kunstig uitgelê in die gees en styl van toeka se dae. Gewis iets wat jy met trots op jou koffietafel kan uitstal.

Die meeste mense wat hulle name op die waglys vir dié boek gesit het, vra dat ons dit asseblief nie na hulle toe moet pos nie. Daarom het ons besluit om ‘n boekbekendstellingsgeleentheid te reël waar mense hulle boeke kan kom haal, die Bronnie se span kan ontmoet en saam kan kuier.

Dit sal ook die bekendstelling van Bronberg Uitgewers wees, ‘n splinternuwe uitgewersmaatskappy wat beplan om in die toekoms ondermeer verdere gunsteling-afdelings in Die Bronberger in boekvorm saam te stel.

Almal op die waglys vir die koffietafelboek sal ‘n uitnodiging na dié bekendstellingsgeselligheid kry. Reserveer asseblief jou plek by die bekendstelling teen Vrydag 18 September.

Stuur jou naam en kontakbesonderhede na e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it ; faks: 086-650-7860; of skakel 012-734-0522.

‘Toeka se Dae – Die Karakters’ is vanaf 26 September beskikbaar teen R295, koerierkostes uitgesluit.

 

© 2020 Die/The Bronberger