Verjaardag-uitgawe bied heel beste blootstelling PDF Print E-mail
News - Kommentaar
Tuesday, 25 August 2015 06:45
Untitled Document

In September word Die Bronberger ‘n tiener! En ons vier ons 13e bestaansjaar met ‘n baie spesiale gedenkuitgawe.

‘n Bul van ‘n Bronnie word beplan en ons sou graag soveel moontlik adverteerders en lesers deel daarvan wil maak. In die jare wat dié een voorafgegaan het, is ons verjaardag-uitgawes in September telkens goed ontvang en baie goed ondersteun.

Adverteerders in dié uitgawe kry op die koop toe bonus-blootstelling, omdat ons, as deel van die vieringe, 2 000 meer eksemplare as gewoonlik druk en versprei.

Hier by die Bronnie is ons trots op en dankbaar vir die volgehoue ondersteuning van ons lesersgemeenskap en adverteerders wat ons oor die afgelope 13 jaar kon ervaar.

Dit is julle wat ons daartoe in staat gestel het om as onafhanklike publikasie deur die jare stewig te bly staan en selfs gesond te groei: Iets wat deesdae baie selde in die publikasiewese gebeur en waaroor ons baie dankbaar is.

Hoe het dit gebeur? Ons wil glo dat ons genadiglik meegevoer is in ’n wonderlike kringloop: Omdat ons lesers werklik hulle Bronnie wil lees en dit met deeglikheid doen, kry ons adverteerders baie goeie blootstelling en reaksie en wil hulle graag weer adverteer. Op dié manier kon ons oor die afgelope jare, as ’n gesinsonderneming sonder korporatiewe rugsteuning, nie net voortbestaan nie, maar ook groei.

Ons wil almal wat in die laaste 13 jaar gereeld of net soms in Die Bronberger geadverteer het, nooi om die Bronnie se eerste verjaardag as ‘n tiener saam met ons te vier. En as jy nog nie in die Bronnie geadverteer het nie, bied hierdie verjaardaguitgawe in September die ideale geleentheid om nuwe voete nader te lok.

Jou advertensie gaan in ’n versamelstuk verskyn wat ons lesers soos ’n kosbare besitting bewaar en oor baie maande heen weer gaan optel en raadpleeg.

Lesers van ons gebied kan asseblief vir ons ’n brief skryf oor dié dinge wat vir hulle in die afgelope publikasiejaar uitgestaan het. As iets met jou gebeur het, jou gepla het, of as iets jou bly, kwaad, skaam, hartseer, knorrig, dankbaar of wat ookal gemaak het, sit pen op papier of vingers op sleutelbord en deel dit met jou mede-Bronbergers.

Bespreek jou plek vroegtydig:
Kontak Tania by 072-089-0227 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Skakel ons landlyn by 012-734-0522 of stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online