Het jy gehoor? / Have you heard? - Aug2015 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Tuesday, 25 August 2015 06:34
Untitled Document


Kitty Hawk Luglandgoed se jaarlikse RV Lotus-dag is op Saterdag 12 September en sluit ‘n Amerikaanse ontbyt in. Bel Wilma by 076-491-2109.

~*~

Vier gelukkige Bronnie-lesers het twee kaartjies elk na die Tierpoortse KuierKraft Innie Boorde bierbrouersfees op 1 Augustus gewen. Hulle is Gene de Lange van Bashewa; Laurie Grobler van Pretoriuspark; Marie Hattingh van Rayton; en Ann Olivier van Newlands.

~*~


The first birthday of Friday Nights at The Collection in Market Style will be held on Friday 4 September. The evening also celebrates the market’s re-opening after the winter. This market is every Friday from 4 pm to 8 pm and offers live music, a vibrant atmosphere, food stalls, a fully licensed bar, selected craft stalls and entertainment for children. There is no entrance fee. The market is on Garstfontein Road extension, close to Woodlands Shopping Centre. Call Jenny Nel at 012-993-3638 or mail her at This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


‘BoekBohaai: Die Lewensare van Afrikaans’ is op 26 Augustus van 7 nm tot 8.30 nm by Atterbury Teater. ‘n Wit-warm gesprek gaan deur Tim du Plessis gelei word. Sanger Chris Chameleon, Solidariteit se Flip Buys en die ATKV se dr Danny Titus gaan aan die debat deelneem. Gisela de Villiers en Robert Brooks gaan hulle weergawes van FAK-liedjies deel. Dié FAK-met-stilettos belowe om ‘n genotvolle musikale reis deur die Afrikaanse geskiedenis te wees. Kaartjies kos R150 per person. Atterburyteater is in Daventrystraat 4, Lynnwood. Skakel 012-471-1700.

~*~

‘n Inter-Oorde Algemene Kennis Pret Projek word op Vrydag 4 September om 10 vm by Willow Haven in Die Wilgers gehou. Dié projek is gemik op seniors burgers om te ontdek dat hulle oor ‘n rykdom kennis beskik. Slegs spanne van twee of meer mag deelneem. Geen vrae word aan ‘n individu gestel nie. Die meeste vrae is meerkeuse vrae en die projek is tweetalig. Bel Don Roos by 012-807-7420 of stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Die Tshwane Geboue-Erfenisvereniging hou op 10 September ‘n Hannes Meiring Gedenkaand. Die aand begin om 6.30 nm vir 7 nm in die Pretoriase Kunsvereniging-galery in Mackiestraat 173, Nieuw Muckleneuk en voorafbesprekings is noodsaaklik. Hannes het in 1964 ‘n argitekspraktyk in Pretoria op die been gebring en het oor die jare betrokke geraak by argitektoniese erfenisbewaring. Vier voordragte gaan gedoen word en daar is ook ‘n uitstalling van Hannes se argitektekeninge, sketse, skilderye en ander interessanthede. Die koste is R100 per persoon en sluit ligte verversings in. Bespreek by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of Lea: 012-460-1776 (kantoor ure).

~*~


Op Saterdag 22 Augustus is daar ‘n geologie wandelroete saam met prof Adam Bumby by die Faerie Glen Natuurreservaat. Die staptog begin om 8.30 vm en mense moet mekaar op die grasperk voor die ingang ontmoet. Die koste is R50. Vriende van die Faerie Glen Natuurreservaat kan gratis deelneem. Bel Jaco Engelbrecht of Louise Kritzinger by 071-140-4412 of 072-275-0614.

~*~


Koos van der Merwe se ‘Tamboerynman’ word op 10 September om 8 nm by Asbos Teater opgevoer. Hy bied poëtiese Afrikaanse herskeppings van tydlose Bob Dylan treffers soos ‘Mr Tambourine Man’, ‘Blowing In The Wind’, en ‘The Times They Are A Changing’. Poësie, vertellinge, skerpsinnige kommentaar en humor word gekombineer met Sandra Prinsloo, veteraan en kenner van wat op ’n verhoog moet gebeur, se fyn aanvoeling. Die musikale produksie is deur Matthys Maree, bekend vir Afri-Frans, wat ook Leonard Cohen in Afri-Kaans behartig het, gedoen. Kaartjies is R120. Asbos Teater is by Karoo Café in Lynnwoodweg. Skakel 082-564-0999.

~*~


The following events are at the Cullinan Premier Hotel:
22 August: Black Cat Bones live (de-boned). R50 entrance.
30 August: Henk Botes live. Buffet and band, R150.
6 September: Gunshot Blue. Buffet and band, R150.
17 September: Von Hagn (Latin jazz). Buffet and band, R150.
20 September: Bright Lights Big City. Buffet and band, R150.
Book at 012-734-1810

~*~


‘Dowwe Dolla Betaal Belasting’ word op 2 September om 8 nm by Atterbury Teater opgevoer. Dolla moet vir die eerste keer in haar lewe ’n belastingopgawe indien en sy roep die hulp van Kenny Kunene, Arthur Brown en Kotie se konsultant, Rashid van die Vlakte, in. Sy besluit ook om navorsing te doen oor wie eintlik in beheer is van die geld wat sy betaal en maak ‘n ete-afspraak met die Chinese ambassadeur. Die vertoning is ongeveer ‘n uur en ‘n half en kaartjies kos R140. Skakel 012-471-1700.

~*~


Jannie du Toit tree op Woensdag 30 September om 10 vm op by NG Gemeente Valleisig, hoek van Tipperary- en Mayostraat, Faerie Glen. Kaartjies is R40 vir El-pidá-lede en R50 vir nie-lede. Bel Ben Ferreira by 082-901-4219 of Judy Bovey by 083-325-2102.

~*~


Celebrate Arbour Day with the Dendrological Society on Saturday 5 September at 9 am at the Faerie Glen Nature Reserve. Meet on the lawn in front of the entrance building and bring along a hat, comfortable shoes and water. There is no cost involved. Phone Jaco Engelbrecht or Louise Kritzinger at 071-140-4412 or 072-275-0614.

~*~


FijnWyn innie Lente word op 24 en 26 September by Shokran in Tierpoort gehou. Dit is die sesde FijnWyn-fees wat hier gehou word en meer as 20 wynlandgoedere, insluitend Vrede en Lust, Creation Wines, Hermanuspietersfontein en Glen Carlou, neem aan die dag deel. Behalwe wynproe tussen 10 vm en 5 nm is daar ook deli koskraampies, musikante en vermaak vir die kinders. Kaartjies is R130 vir volwassenes, R50 vir kinders van 12 tot 18 jaar oud en kinders onder 12 kan gratis ingaan. Skakel 082-335-5659.

~*~


Vernaline Urquhart plans on starting a farmer’s market in Cullinan. She wants to kick off on
5 September opposite the McHardy House Museum in the helipad area. It is planned as a community centred project as well as a sustainable means of creating an income for people from the Cullinan area. Phone Vernaline at 079-965-7675.

~*~

On Monday, 10 August the world celebrated World Lion Day and the four lions at the National Zoo in Pretoria were treated to stimulating environmental enrichment; a fun way for them to get some physical exercise and sharpen their minds. Weighted-down hessian bags were placed in their enclosure to simulate a prey item that the lions could carry away and elephant dung was placed throughout the enclosure to stimulate their sense of smell.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online