Wet Nose groet sy voorsitter PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 25 August 2015 06:31
Untitled Document

Wet Nose het ‘n hartseer afskeid van sy voorsitter geneem. Marius Herselman, wat van 2010 tot 2015 voorsitter van dié dierereddingsentrum was, is op 10 Junie oorlede.


Marius Herselman

Hy het vir 20 jaar aan suikersiekte gely, en nierversaking en vaskulêre siekte het sy lewe beëindig.

Marius was baie lief vir diere en sy gedenkdiens is op sy plot gehou sodat al sy diere dit kon bywoon. Hy laat sy vrou, Debbie, en seuns, Steven en Cameron, agter.

 

© 2019 Die/The Bronberger