Prettrap vir almal by Witpoort PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 25 August 2015 06:27
Untitled Document

Die Witpoort Bergfietswedren vir oud en jonk is op Saterdag 29 Augustus. Gaan ry saam fiets op ‘n 45 km, 20 km, 10 km, 5 km of 2 km roete in die landelike omgewing uit op Garstfonteinweg-verlenging.

Daar is selfs ‘n kleuter prettrap. Neem die hele gesin se fietse, valhelms, kampstoele of piekniekkomberse en geniet die oggend saam met die plaasskool. Verversings en ‘n snoepie is beskikbaar.


Daar is kort en lang roetes in dié bergfietswedren

Valhelms is verpligtend, niemand mag kaalvoet ry nie en geen oorfone mag in die resies gebruik word nie.

Inskrywings kan by www.cycleevents.co.za/mtb-events/witpoort-mtb-205 gedoen word. Registrasie is tussen 7:30 vm en 8:30 vm by die skool. Bel Sarie Genis by 011-964-1241 of Roelien Naudé: 082-495-2937 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2019 Die/The Bronberger