PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 25 August 2015 06:25
Untitled Document

Juané Boonzaaier, ‘n graad tien leerling aan Curo College Hazeldean, is aangewys as die oorkoepelende wenner van die Junior Vroue Swart Belt-afdeling by die Taekwon-Do Wêreldkampioenskappe. Die kampioenskappe was van 8 tot 12 Julie in London.

As lid van die Proteaspan wat Suid-Afrika verteenwoordig het, het Juané aan vier items deelgeneem en ‘n goue en silwer medalje gewen. Dit was die eerste keer dat ‘n junior van Suid-Afrika twee medaljes by die Wêreldkampioenskappe verower het.


Juané toe sy op die ouderdom van agt jaar begin Taekwan-do doen het

Juané met een van haar medaljes

Juané Boonzaaier, ‘n graad tien leerling aan Curo College Hazeldean

Juané het op die ouderdom van agt jaar, toe sy ‘n leerling aan Laerskool Rayton was, in Cullinan begin Taekwon-do doen. Daarna het sy ‘n lid van die Acestes Taekwon-Do Klubs, Elarduspark Dojang geword.


Juané by die Wêreldkampioenskappe

Sedert 2008 het Juané al ses keer provinsiale Gauteng-noord kleure ontvang. Sy is ook vir ses agtereenvolgende jare gekies om aan die Suid-Afrikaanse Internasionale Taekwon-Do Federasie se toernooi deel te neem. Sy het in drie verskillende afdelings meegeding en eerste en tweede plekke behaal.

Juané het haar swart belt (eerste Dan) in 2014 op die ouderdom van 14 jaar gekry en was die jongste swart belt in haar klub.


Juané in aksie
.
.
.
.

Die Proteaspan met hulle medaljes in London, van links na regs, sittend: Manie Naudé, spankaptein, Isabel Potgieter, assistent afrigter, en Danniell Botes. Agter: Arnu Nepgen, Susan von Wiellligh, Theressa Tolmay, Christoff du Plessis en Juané Boonzaaier

As junior mededinger is sy by verlede jaar se SA Toernooi gekies as lid van die senior vrouespan, wat twee goue en een silwer medalje gewen het. Juané het vyf goue en twee silwer medaljes in die federasie se 2014 Taekwon-Do Toernooi in Port Elizabeth gewen en is gekies as ‘Swart Belt van die Jaar 2014’.

 

© 2019 Die/The Bronberger