Ons wil verslag lewer PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 22 January 2008 00:00
Untitled Document

Elize Labuschagne van Rietvlei View skryf:

Baie dankie vir die leesgenot wat u verskaf met die artikels wat u plaas in Die Bronberger. Die Desemberuitgawe het my verwagtinge oortree en dit is lekker om te sien hoe ons naburige omgewing dinge aangryp en deurvoer.

Ek is ’n inwoner van Rietvlei View Country Estate en kan met u een skrywer vereenselwig dat ek nooit weer die stadslewe wil aandurf nie.

Ek is verkies tot die dinamiese komitee met die jaarvergadering om die bemarkingsportefeulje te hanteer en wil graag hoor hoe ek moet maak om verslag te lewer oor die doen en late van die gemeenskap van Rietvlei View Country Estate.

Ek is voorwaar trots op die manier waarmee die bestuur ons belange op die hart dra en wil graag dié inligting deurgee aan u mede-lesers.

Lesers is welkom om bydrae te e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Afhangende van toepaslikheid en beskikbare ruimte, sal ons sulke nuus graag wil gebruik.-Red

 

© 2019 Die/The Bronberger