Eskom se gemors in veld gelos PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 27 July 2015 21:38
Untitled Document

Sonder ‘n afspraak of toestemming het subkontrakteurs van Eskom op ‘n dag in Julie ‘n plaas naby Rayton betree, kragpale afgesaag en vervang en die ‘gemors’ net daar in die veld gelos.

Volgens Henk van de Graaf van die plaas, Hartbeesfontein, was die pale wat afgesaag is ‘goeie bruikbare pale wat niks makeer het nie.’ Dit wil lyk of Eskom genoeg geld het om te mors deur diensbare goed te wil vervang, sê Henk.


Nuwe teerpale, soortgelyk aan die oues, is langs die afgesaagdes staangemaak

Die feit dat die kontrakteurs sonder ‘n afspraak sy grond betree het en toe hulle gemors oral in die veld agtergelaat het, het hom veral omgekrap. Optrede soos dié is die rede hoekom boere Eskom nie meer op hulle grond wil toelaat nie, sê Henk.


Pale, kragkoppe, drade en ander gemors is net daar in die veld gelos

Hy het die saak met Eskom opgeneem en ‘n paar dae later het die kontrakteurs, Seshego Electrical Contractors, met ‘n vragmotor opgedaag om die afgesaagde kragpale en toerusting te verwyder.

 

© 2019 Die/The Bronberger