Kragdag slaan rekords PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 27 July 2015 21:31
Untitled Document

Die besoekerstal by KragDag het verdubbel. Twaalf duisend mense het dié ekspo op 26 en 27 Junie op Rhenosterfontein besoek. Uitstallings het ook met 40% gegroei en daar was ’n uitstalvenster van 1.1 km se kragselfstandigheidsoplossings.


Uitstallings het met 40% gegroei

KragDag is nou die grootste energie en selfstandigheid-ekspo in Suid-Afrika. Onder die Doen-jou-eie-ding vaandel was daar ook uitstallings oor veiligheid, voedselproduksie, nuwe tegnologie, Doen-dit-Self (D-I-Y), energievriendelike konstruksiemetodes, waterontginning en -hantering en ekonomiese en finansiële vryheidsmodelle.


Dié geraamte hou ‘n e-toll blikkie vas

Die opvoedkunde sub-ekspo is in samewerking met die Vereniging vir Tuisonderwys gehou.


Daar was 12 000 besoekers by KragDag

 

© 2019 Die/The Bronberger