Verrassing vir skoolhoof se verjaardag PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 27 July 2015 21:30
Untitled Document

Michael Combrink, Laerskool Witpoort se skoolhoof, is op 18 Junie met ‘n ongewone viering van sy verjaardag verras.


Michael word voor sy kantoor opgelaai
Foto’s: Laurette van der Vyver

‘n Trekker het hom voor sy kantoor gaan oplaai en met hom na die rugbyveld gery. Daar het die kinders, elkeen met ‘n ballon in die hand, ‘n erewag gevorm en hom met ‘n gejuig verwelkom.


Die kinders wag hulle skoolhoof in

Die kinders met hulle ballonne op die rugbyveld

Ná sy geskenk oorhandig is, het al die kinders en onderwysers sy verjaarsdag saam gevier deur te gaan koek eet in die saal.


Michael word op die rugbyveld afgelaai

Die ouers, leerlinge, onderwysers en die Welbekend-gemeenskap wens Michael nog vele gelukkige jare by Laerskool Witpoort toe.

 

© 2019 Die/The Bronberger