PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 27 July 2015 21:28
Untitled Document

Bekende kunstenaars het aan die openingsuitstalling van Artbox, ‘n nuwe kontemporêre kunsgalery in Elarduspark deelgeneem. Die opening was op Saterdag 11 Julie en kunswerke het gestrek van skilderye, tekeninge en fotografie tot beeldhouwerk, glas, keramiek, juwele, houtwerk en handsakke.


Leslie Reinhardt het sy skilderye uitgestal

Kunstenaar Tineke Meijer

Die kunstenaars wat aan die openingsuitstalling deelgeneem het was Gunther van der Reis, etse; Tineke Meijer, glaskuns; Liekie Fouché, gemengde media; Danie de Wet, skilderye; Rika Herbst, keramiek; Carl Jeppe, figuursketse; Craig Müller, sketse; Roy Ndinisa, houtsnee skilderye; Alain Nortjé, skilderye; Leslie Reinhardt, skilderye; At Smit,  houtbeelde; Retha Snyders, leerwerk; Etienne van Zyl, fotografie; Mienke van Zyl, kinetiese beeldhouwerk; Reinhardt van Zyl, juwele; en Annemarie Wessels, skilderye.


Kunstenaar Gunter van der Reis het sy etse uitgestal

Craig Muller by een van sy sketse
.

Klassieke etse van Lionel Abrams, Thelma Chait, Vader Frans Claerhout, Christo Coetzee, Berenice Michelow, Alexander Podlashuc, Fred Schimmel en Chris Spies was te koop aangebied.


Kunstenaar Liekie Fouche by haar werk


Gaste by die opening

 

 

© 2019 Die/The Bronberger