Kuierhoekie steek hier kers op PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 27 July 2015 21:28
Untitled Document

Die NG Gemeente Rayton se Kuierhoekie-groep was op 8 Junie gaste van African Wax, ‘n kersfabriek in die Rayton-omgewing.

Hennie Malan verduidelik dat dié kerk se lidmate, wat ‘hulle bydrae tot die land se dienste en ekonomie afgesluit het en nou teer op die welwillendheid van die magdom pensioen- en ander fondse’, onder die naam ‘Kuierhoekie’ saamkuier.


Honderde kerse word gegiet

Hulle kom elke laaste Dinsdag van die maand byeen vir ‘n lekker kuier en so tussenin besoek hulle besienswaardighede. Op hulle uitstappie na die kersfabriek het die Kuierhoekie gesien hoe kerswas verpoeier en daarna saamgepers word om kerse van verskillende groottes te maak.


Richard Grabe, links, gesels met Alet en Hennie Brisley
Foto’s: Hennie Malan

“Ons het altyd gedink ‘n kers is ‘n kers, maar aikôna, hier het ons geleer dat die wasmengsel en die pit ‘n groot invloed op die gehalte van die kers het, en ook die tyd wat dit lig gaan verskaf,” sê Hennie.

“Seker die belangrikste stukkie inligting wat ons gekry het is dat voor kerse, elektrisiteit gebruik is om lig te verskaf,” sê Hennie.


Dié wat na die kamera kyk is Magriet en Johan Pretorius, Liefie en Frik Terblanche

 

 

© 2019 Die/The Bronberger