Oudste Byenestpoorter oorlede PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 27 July 2015 21:26
Untitled Document

Byenestpoorter, Koos Minnaar is op Sondag 5 Julie in die ouderdom van 86 jaar oorlede.

In Die Bronberger se Mei-uitgawe het ons vertel dat Koos die oudste oorlewende Minnaar was van die gesin, wat toentertyd op Byenestpoort langs Cullinan gewoon het. In ‘Minnaarplaas word diamantwêreld’ het ons ‘n terugblik op daardie dae gegee en sy familie se begraafplaas op dié plaas besoek.


Koos Minnaar

Koos was die vyfde generasie Minnaars op dié grond. Twee jonger Minnaars, seuns van Koos se oorlede broers, bly nog op Byenestpoort.

Jakobus Johannes Minnaar is op 21 Februarie 1929 gebore en is met Joey, wat van Van Rhynsdorp af kom, getroud. Hy laat Joey, drie seuns, drie skoondogters, agt kleinkinders en agterkleinkinders agter.

Sy begrafnisdiens is op Vrydag 10 Julie deur ds Charl Bredell by Premiermyn NG Gemeente waargeneem. Volgens buurman, Marius Janse van Rensburg, is Koos weens hartprobleme oorlede.

 

© 2019 Die/The Bronberger