Dis feestyd in Garsfontein PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 27 July 2015 21:24
Untitled Document

Spitkrokodil, ‘oepsies’, mopaniewurmbrode en mampoer-proe is van die rariteite wat feesgangers op Saterdag 1 Augustus by Lux Mundi se wildsfees en basaar in Garsfontein kan geniet.


Adam is ‘n geregistreerde veldwagter, aanbieder van kykNET se ‘Wild en Wragtag’-reeks en hy boer ook saam met sy pa by Rooibokkraal

Die dag skop af met trompoppies gevolg deur plaaslike talent en die hoogtepunt is bekende oud-Garsie, Adam Tas, se optrede. Daar is vermaak vir jonk en oud en die aand word ‘n sokkiejol by ‘n groot vuur gehou. Skuins na sononder kan gaste die volle spyskaart met ’n-Fees-van-Potte saam met die optrede geniet of slegs vir die vertoning opdaag.


Lux Mundi Gemeenskapskerk in Garsfontein

Adam Tas, wat ook ‘n aanbieder van kykNET se ‘Wild en Wragtag’-televisiereeks is, gaan liedjies van sy nuutste album, ‘’n Tas vol Cash’, aanbied.

Besoekers kan van vroeg tot laat aan lekkernye by die kreunende basaartafels en teetuin smul. Die eerste warm pannekoeke rol vanaf 9 vm en Glühwein word by die handwerk-tafel bedien om die laaste ys van die winter te breek. Die karnivore kry biltong en boeries uit die boonste rakke en kan die vrieskas met verskeie vleissnitte volmaak.


Gewilde Afrikaanse sanger, Adam Tas, gaan optree

Die fees druk deur tot skuins voor middernag by Lux Mundi Gemeenskapskerk in Florisstraat 685, Garsfontein. Bel gerus vir Marlene, 012-993-5906/8, of Dora, 012-998-8801.

 

© 2019 Die/The Bronberger