Forum vir ouer mense gestig PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 27 July 2015 21:21
Untitled Document

‘n Stigtingsvergadering van die Pretoria-Oos Forum vir Persone Bo Sestig word om 10 vm op Donderdag 30 Julie by Lux Mundi Gemeente in Garsfontein gehou.

Na raming is daar meer as 25 000 mense ouer as 60 jaar en meer as 12 000 ouer as 70 jaar in Pretoria-oos. Die Wet op Ouer Persone, Wet 13 van 2006, maak voorsiening vir die daarstelling van so ‘n forum, wat sal poog om ouer mense se belange te beskerm en te bevorder en hulle in ʼn gemeenskaplike spreekbuis te verenig.


Ben Ferreira, uitvoerende direkteur van die ooste se interkerklike dienssentrum

As steungroep sal die forum op alle vlakke van regering oor sake van belang vir die ouer persoon voorspraak doen en dien as ʼn kommunikasiekanaal. Die forum gaan ook ʼn databasis van diensverskaffers, dienste en aktiwiteite daarstel en programme aanbied.

Alle belangstellendes word uitgenooi na die stigtingsvergadering, waar Calvin Cornelson, projekkoördineerder van Gauteng Older Persons Forum gaan praat oor die rol so ’n streeksforum binne die breër Suid-Afrikaanse netwerk.

Bespreek by Maretha Nortje: 082-857-9894 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan Ben Ferreira: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Ben is die uitvoerende direkteur van die ooste se interkerklike dienssentrum, El-Pidá. Lux Mundi Gemeente is in Florisstraat 685, Garsfontein.

 

© 2019 Die/The Bronberger