Kleinfontein wen Bybelvasvra PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 22 June 2015 23:49
Untitled Document

Die Kleinfonteinspan het NG Kerk Rayton se Bybelvasvra vir die vierde jaar in ‘n ry gewen.


Van links na regs: Alet Brisley, Hennie Brisley en Renée Matthysen met die trofee. Sarie Carpenter en Joey van Niekerk was nie beskikbaar vir die foto-nemery nie
Foto: Paul Bosman

Ds Ockie Olivier het die vasvra in 2003 ingestel en elke jaar daarmee volgehou. Die aantal spanne wat deelgeneem het, het van vier tot sewe gewissel. Die Kleinfonteinspan het die trofee sewe uit die 13 kere gewen. Die sanggroep het die trofee die tweede meeste kere, vier keer, gewen.

 

© 2019 Die/The Bronberger