Witpoort wen PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 22 June 2015 23:39
Untitled Document

Laerskool Witpoort se onder nege rugbyspan het die onder nege C-bond Super Rugby na ‘n strawwe uitklopreeks gewen.

Dié rugby toernooi was op 22 Mei by Laerskool Garsfontein en daar was saam met die gasheerskool ses deelnemende skole: Laerskole Witpoort, Constantia, Rooihuiskraal, Lynnwood en Wierdapark.


Die spelers met hulle trofee by afrigter Pieter Nel en skoolhoof Michael Combrink.
Voor, van links na regs: Gunter Combrink, Marikus Pieters, Ruben Venter en Hendre Myburg. Middel: Christo Bester, Dawid Heunis, Jacques Ferreira, Andrew Musson, Wiehan Welman, Warrick Proudfoot, Dian Niemandt en Jarred Smit. Agter: Keanu Krieger, David Dann, Per Jordaan, Gustav Combrink, Isak Cloete, Neels Cloete, Jamie Vermaak en AJ Willemse
Foto: Laurette van der Vyver

Die eerste uitspeel teen Laerskool Constantia Park was 45–0 in Witpoort se guns. Witpoort het die tweede uitspeel teen Rooihuiskraal 12–0 gewen en het die finaal teen Garsfontein op hulle tuisveld 5–0 gewen.

 

© 2019 Die/The Bronberger