Wen kaartjies na bierbrouersfees in Tierpoort PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 22 June 2015 23:37
Untitled Document

KuierKraft Innie Boorde is die naam van ‘n bierbrouersfees wat op 1 Augustus van 10 vm tot 5 nm in Tierpoort gehou gaan word. Vier gelukkig Bronnie-lesers kan twee kaartjies elk na die fees wen.

Bierbrouers wat aan dié fees gaan deelneem strek van Zepplin Craft Beer, Brannas Draught en Soweto Gold tot Draymans Brewery, Swagga Breweries en Black Horse.


Michael Wipplinger en vennoot Mariëtte Linder se Duitse wors is een van die koskraampies wat spesifiek by bier gaan pas

Daar gaan ‘n verskeidenheid koskraampies wees met egte Duitse patisserie, Craft burgers, The Fat Swine se toebroodjies, Cooking Foody se pannekoeke met interessante vulsels en Freckled Ginger se macaroons vir die soettand. Die Sprout 360 koswa gaan ook daar wees en besoekers kan ‘n glasie Glüwein teen die koue of ’n vars Mojito geniet.


Die bierbrouersfees word in die middel van pekanneut- en amandelplantasies gehou

Die fees word deur die organiseerders van die Fijnwyn Kos- en Wynfees gereël en word by Shokran op plot 99, Tierpoort, 12 km vanaf Woodlands Winkelsentrum uit met Garstfonteinweg-verlenging gehou.

Toegang is R120 vir volwassenes, R50 vir kinders tussen 12 en 18 jaar oud en gratis vir kinders onder 12. Daar is ’n beperkte hoeveelheid kaartjies beskikbaar en alle kaartjies kan op www.itickets.co.za gekoop word. 


Swagga is een van die bierbrouers wat aan die fees deelneem

Om twee kaartjies na die fees te wen, antwoord die volgende vraag: Wie reël die fees?

Stuur jou antwoord per e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it tesame met jou naam en van, e-posadres, woonadres en telefoonnommer.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Vrydag 24 Julie.

Vir meer inligting kontak Charmaine by 082-335-5659 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .  

 

© 2019 Die/The Bronberger