Nog ‘n botsing naby Welbekendse kruising PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 22 June 2015 23:30
Untitled Document

‘n Man is krities in ‘n ongeluk in Welbekend beseer toe ‘n swaar goedere voertuig teen sy motor gebots het.

Die ongeluk was op 20 Mei op die Bapsfontein-Bronkhorstspruitpad (R25) naby Garstfonteinweg-verlenging. Die motor het die pad verlaat en teen ‘n hoop rommel tot stilstand gekom.


Die motor het teen ‘n hoop rommel tot stilstand gekom

Netcare 911 paramedici en ander dienste het op die toneel opgedaag. Die beseerde man is op die toneel behandel en na die hospitaal vervoer vir dringende mediese sorg. Die insittendes van die swaar goedere voertuig is nie in die ongeluk beseer nie.

Die gemeenskap vra al jare lank dat die kruising van die R25-pad en Garstfonteinweg-verlenging ‘n verkeerslig moet kry omdat daar gereeld ongelukke is.

 

© 2019 Die/The Bronberger