Grondeise vir Mooiplaats en Tierpoort PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 23 June 2015 01:29
Untitled Document

Nuwe grondeise in die Bronberg-gebied is op 15 Mei in die Staatskoerant gepubliseer. Die eise raak kleinhoewes in Mooiplaats en Tierpoort.

Martha Mncwanga eis Mooiplaats 367 JR, gedeelte 11 (RE) wat aan David Tait en Adriaan Bornman behoort; gedeelte 258 wat aan Jepetto Prop (Edms) Bpk behoort; gedeelte 271 wat aan Platinum Mile Inv 544 (Edms) Bpk behoort; gedeelte 272 wat aan James Edward Buroyne behoort; gedeelte 273 wat aan die Jan Joubert Trust behoort; gedeelte 274 wat aan Sara Frederika Grobler behoort; en gedeelte 596 (‘n gedeelte van gedeelte 275) wat nog nie in die Registrasie van Aktes-stelsel is nie.

Daniel Tshada Mnguni eis Tiegerpoort 371 JR gedeelte 66 wat aan Andreas en Sophy Emmerentia Van Heerden behoort; gedeelte 193 wat aan Gabriel Jacobus Jordaan behoort; gedeelte 194 wat aan die Zach Annandale Familie-trust behoort; en gedeelte 210 wat aan Clerah Vakansie-oord (Edms) Bpk behoort.

Vir meer inligting, bel Lynette du Plessis van die TLU by 012-804-8031 of stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2019 Die/The Bronberger