Intimidasie-klag teen Boschkopse konstabel PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 23 June 2015 01:27
Untitled Document

‘n Klagte van intimidasie is op 3 Junie teen Konstabel Khoza van die Boschkop-polisiestasie by die klagtekantoor van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se hoofkantoor in Pretoria ingedien.

Konstabel Khoza en ʼn kollega het op 25 Mei by ʼn AfriForum-lid se plaas in die Boschkop-gebied opgedaag om CCMA-dokumente aan hom te beteken. Hulle het daarop aangedring om die plaas te betree om die werker wat ontslaan is, se besittings op te laai. Die plaaseienaar het versoek dat die polisievoertuig eers ontsmet moes word weens biosekuriteitregulasies, soos deur die staatsveearts voorgeskryf.

Volgens AfriForum se regspan, wat die klagte namens die boer ingedien het, is die SAPD nie van magte om CCMA-dokumente te beteken nie.

Die boer se naam word vir veiligheidsredes nie genoem nie.

 

© 2019 Die/The Bronberger