Tygies skrik nie vir ?n koue pampoen nie Print E-mail
News - Ons Mense
Thursday, 16 October 2008 01:03
Untitled Document

Laerskool Tygerpoort het sy eerste pampoenfees op 20 September gehou. Die fees het afgeskop met die Tygie Argus van 3 km. Groot pryse was op die spel en elke ouderdomsgroep het die geleentheid gekry om hulle staal te wys.


Hier kom die Tygie Argus verby
Foto: Marianne van Staden

Wat is ?n fees nou sonder ?n mallemeule?
Foto: Marina de Klerk

Die boeresport het speletjies soos toutrek, eiergooi, tombola, kaskarre, gholf en ’n pretpark met meer as 10 verskillende ritte ingesluit. Met kosstalletjies uit die boonste rakke, ’n biertent en vermaak deur Henk Grimsel, het ouers, kinders en vriende heerlik saamgekuier.

Die fees het op ’n hoogtepunt afgesluit met ’n konsert deur Steve Hofmeyr in die skoolsaal.


Die pretpark het meer as 10 verskillende ritte ingesluit
Foto: Marina de Klerk

Só moet ?n eier mos gegooi word
Foto: Marianne van Staden
 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2020 Die/The Bronberger