Dorsland-gedenksteen vorder |
|
|
News -
Toeka se dae
|
Wednesday, 27 May 2015 08:04 |
Untitled Document
Werk aan die gedenksteen ter ere van die Dorslandtrekkers, wat in 1874 vanaf hulle plase in die Zuid-Afrikaansche Republiek na Angola en later Suidwes-Afrika begin trek het, vorder fluks.
Skets van die gedenksteen soos in die vooruitsig gestel
Ons het verlede maand berig dat ‘n seremoniële sooispit op 24 Maart in die Historiese Tuin van die Voortrekker-Monument gehou is en dat die inwyding van die gedenksteen teen September of Oktober sal wees.
’n Groepie manne van Helpende Hand kry tegniese opleiding met die oog op moontlike samewerking in die toekoms. Hulle kyk hoe werk aan die nuwe Dorslandtrek-monumentjie vorder
Foto: Erfenisstigting
Die Dorslandtrekvereniging is op soek na moontlike afstammelinge van dié trekkers in Die Bronberger se lesersgebied. Kontak die voorsitter, Louw du Plessis, by 011-888-3433 of 082-507-4639 of
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of die tesourier, prof Danie Kok, by 012-333-1652 of
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
. |
|