Maak voorbrand teen skade PDF Print E-mail
News - Artikels
Wednesday, 27 May 2015 06:02
Untitled Document

Vernietigende veldbrande het reeds vroeg in Mei begin verwoesting saai in die Bronberg-gebied en sou op plekke groter skade aangerig het, as daar nie vroegtydig voorbrande gemaak is nie.

Die afsnydatum om voorbrande op jou grond onder die beheer van die Welbekendse Brandbestryding-vereniging (WBBV) te maak is 30 Junie.

Dié vereniging dek rofweg die bedieningsgebiede van die volgende Polisiestasies: Boschkop, Bronkhorstspruit-suid en Welbekend.


Die gevolge van 'n brand vroeg in Mei op Byenestpoort
Foto - Delene Boshoff

Die Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande sien jou outomaties as skuldig tot jy onskuldig bewys word as ‘n veldbrand oor jou grond beweeg. Dit maak nie eers saak of die brand op jou grond begin het of nie.

Grondeienaars wat lid is van ’n brandbestryding-vereniging, wat onder die brandwet by die Department van Landbou, Bosbou en Visserye gestig is, word egter as onskuldig beskou tot daar met redelike sekerheid in ’n siviele saak bewys is dat hulle nalatig was. 

Volgens die brandverslag wat in April op 'n vergadering van die WBBV deur brandoffisier, Herman van Zyl, gelewer is, het net die brande wat aangemeld is, verlede jaar meer as 1 700 ha in die gebied verslind. Voorbrande wat onder die toesig van die vereniging gemaak is, het 56 ha beslaan en 503 mense het gehelp om die voorbrande te maak.


Die eerste veldbrand vanjaar op Elandshoek
Foto - Reline Badenhorst

Die verslag meld dat die gebrek aan voorbrande op staatsgrond in die gebied, 'n problem skep by brandbestryding.

Die WBBV se brandbestuurspan is: Voorsitter: Walter Schilling, 076-855-4112; Brandoffisier: Herman van Zyl, 082-421-8043; en Finansies: Sonja Cilliers, 083-260-5065. Die sekretaresse is Cher Manning.

Brandhoofde van die verskillende wyke wat om hulp en inligting gekontak kan word is:
Wyk 2: Yzervarkfontein en Klipspruit: Japie Visagie, 083-611-8404.
Wyk 3: Boschkop en Klipspruit: Ian Wallace, 083-290-6044.
Wyk 31: Boschkop: Hendrik Smit 082 742 4322 
Wyk 4: Witpoort en Kameelzynkraal: Chris Nel, 083-704-4106.
Wyk 41: Onbekend: Ben Dreyer, 084-207-7339.
Wyk 5: Knoppiesfontein: Frikkie Jacobs, 083-425-4144.
Wyk 6: Bashewa: Piet van der Merwe, 082-888-1358.
Wyk 61: Rietfontein en Bashewa: Frank Da Serra, 083-453-0490.
Wyk 62: Klipkop: Len Joubert, 082-440-1678.
Wyk 63: Tiegerpoort: Frank Kloes, 083-265-2583.
Wyk 8: Vaalbank: Walter Schilling, 076-855-4112.
Wyk 81: Vaalbank: Flip du Plessis, 082-451-1485
Wyk 9: Mooiplaats, Zwavelpoort en Boschkop: Nick Woodrow, 082-024-4259.
Wyk 91: Donkerhoek en Kleinfontein: Madelein Hoffman, 084-602-4018

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online