Roei indringers nou uit PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 22 January 2008 00:00
Untitled Document

Gerbrand Bruin van Klipkop skryf:

Die pom-pom is ’n verbode indringerplant en moet uitgeroei word volgens die wet op indringerplante.

In die jaar 2000 was 10 miljoen hektaar land oorgeneem deur indringerplante (pom-pom en ander) in Suid-Afrika.

Ek het oor vier jaar die ontwikkeling en enorme uitbreiding van dié bossies gesien langs Lynnwoodweg-verlenging. As ons nou niks doen nie, kan ons die pragtige stuk natuur maar afskryf.

Die pom-pom bossie brei geweldig snel uit en moet bestry word deur versigtig uit te grawe en te verbrand, ook op die padskouers langs jou grond.

Brush-off’ kan ook gebruik word. Gebruik egter uitsluitlik volgens voorskrif.

 

© 2019 Die/The Bronberger