PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Wednesday, 27 May 2015 06:00
Untitled Document

Dié verlate boot op ’n ewe verlate hoewe langs Atterburyweg-verlenging in Olympus, het lesers jare reeds aan’t raai en bespiegel. Nee, dis nie die eiendom van ’n hedendaagse Noag wat geduldig op die tweede sondvloed wag, soos een leser bespiegel het nie. Etlike jare gelede is die boot met sy twee kragtige binneboordenjins deur ’n gesinslid van die hoewe se vorige eienaar aangekoop. Die plan was om dit daar op te knap, seevaardig te kry en dan Mosambiek toe te verskuif. Dié planne het egter skipbreuk gely en die boot is later saam met die hoewe aan ’n ontwikkelaar verkoop. Die ontwikkelaar het die boot al geadverteer en gevra dat belangstellendes hom ’n aanbod moet maak, maar hy het skynbaar nog nie ’n aanvaarbare aanbod gekry nie. Intussen het die boot al ’n landmerk in die omgewing geword.

 

Untitled Document
 

© 2019 Die/The Bronberger