Wapadrandse musiek-vrou vereer PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Wednesday, 27 May 2015 05:57
Untitled Document

Louise Senekal van Wapadrand is onlangs deur die ATKV vereer vir haar bydrae tot die musiekbedryf die afgelope 40 jaar.

Sy het ‘n toekenning vir haar sang- en klavieronderrig ontvang asook vir haar bydrae tot die taal en kultuur met haar eie optredes en vele produksies op verskillende terreine. 


Van links na regs, Pierre van der Westhuisen, Leatitia du Plessis, Louise Senekal, Sakkie Kotze en Dewald von Solms

Met die toekenningsgeleentheid is ‘Liefde in 4 seisoene’ deur Louise Senekal, Dewald von Solms, Pierre van der Westhuizen en Leatitia du Plessis, al vier professionele sangers, in ‘n volgepakte Pierneef Teater aangebied. Die program het uit bekende ligte klassieke melodieë bestaan.

Louise bedryf haar eie musiekskool in Wapadrand.

 

Untitled Document
 

© 2019 Die/The Bronberger