Verstom oor terugvoer uit Bronnie Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 27 May 2015 07:48
Untitled Document

Yvonne Pienaar van Centurion skryf:
Ek is nou so opgewonde en wil julle graag laat weet dat ons meer navrae oor ons reünie uit die Bronnie gekry het as uit enige ander plek.

Dankie dat julle verlede maand my skrywe geplaas het. Dit het my in kontak gebring met mense van wie ek dekades laas gehoor het – mense wat vanaf 1950 tot 1962 by die Hoër Tegniese en Handelskool Tom Naude in Pietersburg was. Die reünie is op 22 Augustus in Centurion. Bel my by 082-626-0320.

Ek wil vir julle baie dankie sê. Ek is verstom oor die terugvoer uit die Bronnie.

 

© 2020 Die/The Bronberger