Skryf Bybel met hand oor Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 27 May 2015 07:47
Untitled Document

Max Vorster van Rayton skryf:
Ek was in ‘n ernstige motorfietsongeluk en ly nou aan epilepsie. My geheue het baie verswak met die sterk medikasie wat ek neem.

Nadat ek tot bekering gekom het, het ek besluit om die Bybel met die hand oor te skryf. Nadat ek ‘n gedeelte gelees het, skryf ek dit dadelik met die hand oor.

Ek skryf nie dag en nag aaneen nie, maar slegs in die oggende en in die aande en Sondae na kerk.
Op 15 Augustus 2011 het ek met Matteus begin en op 11 Desember 2013 was ek op die duisendste bladsy. Op 9 April 2015 was ek op my tweeduisendste bladsy.

Ek skryf een bladsy in ‘n uur. Op een bladsy is daar 33 reëls. Ek het van elke letter die mate geneem. Op dié manier, as jy die mates bymekaartel, kry jy ‘n afstand van tussen 650 en 860 mm.

Ek het op ‘n gemiddeld van 700 mm gewerk. Dit is dan 700 vermenigvuldig met 33 – ‘n afstand van
2 300 mm op een bladsy. Maal dit met duisend en jy kry ‘n afstand van 23 kilometer. Met my tweeduisendste bladsy op 9 April het ek ‘n afstand van 46 kilometer geskryf.

Ek is nou besig met die boek Nehemia. As die Here my lewe gaan spaar, sal ek graag die nuwe vertaling wil eindig en die ou vertaling op die manier ook doen.

 

© 2020 Die/The Bronberger