Dankie vir brandblus Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 27 May 2015 07:47
Untitled Document

Kat Behrens van Cullinan skryf:
Baie dankie aan almal wat gehelp het om die brand te blus by Heart of Coffees se dek. Die brand het uitgebreek toe ons weg was op vakansie en as dit nie vir al die hulp was nie, sou ons hele dek waarskynlik afgebrand het.

Van wat ons hoor, het twee mense ‘n entjie van die dek af buite sit en rook. Hulle was al weg toe die laventelbosse langs ons dek begin brand het.

 

© 2020 Die/The Bronberger