‘n Mens kan jou kwalik die landelike gebied van Bronbergland sonder sy windpompe voorstel. Dié statige staaltorings met hulle blink, gelemde wiele draai oral lewegewende water diep onder die aarde uit. Op plotte en plase en selfs in dorpies en landgoedontwikkelings het hulle staanplek gekry.
Deur die jare het die bekoring wat ‘n windpomp inhou telkens gestalte gekry op voorblaaie van die Bronnie en telkens het ons lesers laat weet dat die windpompvoorblaaie hulle gunstelinge was.

Dié windpomp van Bashewa was in Mei 2006 op die Bronnie se voorblad
|
 Waterwiel en lukwartboom op Lewzene, Cullinan
.
.
|

Sonsondergang by Zonderwater.
.
.
.
|

Die eerste windpomp wat na
Suid-Afrika ingevoer is, was ‘n
Haladay Standard wat van
hout gemaak was |
Sover bekend het ‘n sekere Du Toit in die 1880’s Suid-Afrika se heel eerste windpomp op sy plaas naby Hopetown opgerig. Dit was ’n Halladay Standard wat uit Amerika ingevoer is en dit was ‘n houtstruktuur. ’n Skets van ’n Halladay Standard op ’n Suid-Afrikaanse volstruisplaas, gedateer 1884, is een van die vroegste illustrasies van windpompe wat in die land bestaan.
Die meeste windpompe is in toeka se tyd uit Amerika, Engeland, Kanada en Duitsland ingevoer. Later is windpompe soos Climax, Southern Cross en Aermotor plaaslik onder lisensie vervaardig. En ná 1940 het plaaslik-ontwerpte pompe soos Springbok en Steward & Lloyds die lig gesien.

‘n Getroue watervoorsiener vir ‘n troppie beeste op Kleinzonderhout |

Onlosmaakbaar deel van die landskap in Witfontein se wêreld |
Die eerste Suid-Afrikaanse ontwerper en vervaardiger van windpompe was Gearing Foundry van Kaapstad wat in 1876 begin is. Gearing het ook waterbore vervaardig. In 1897 het Gearing ‘n ‘diamant waterboormasjien’ op president Paul Kruger se plaas Boekenhoutfontein naby Rustenburg aan lede van die Transvaalse Volksraad gedemonstreer.
In ‘n ‘Landbouweekblad’ van 25 Mei 1921 adverteer die handelaar GA Fichardt Beperk van Bloemfontein sy Gypsey Wonder windpomp as volg: – (onveranderd gehou) “Boere julle weet almal, water is ongetwyfeld die noodsaaklikste in S.A. Hier beveel ons julle aan om die beste en sterkste windpomp dadelik te kry, om julle te voorsien met genoeg water vir die droë tye. Maak die dam vol met een gelling kan olie, en bly verder ge-olie vir een jaar lang; dit is gemaklik, sterk en kragtig . . .; en alle parte is deeglik bewaar teen stof en vuilnis. Gemaklike terme kan gereël word.”

‘n Vollediger prentjie van ons voorbladfoto wat op Kameelzynkraal geneem is.
. |

Die wiel wat verby is sal die waters nooit weer draai nie. Die foto is op De Tweedespruit geneem |
Op Loeriesfontein is een van die wêreld se enigste twee windpompmuseums. Die ander een is in Batavia, Illinois in Amerika. Die Noord-Kaapse windpompmuseum is in 1996 tot stand gebring danksy die pleidooie van ’n volksboukundige, dr James Walton, en die geesdrif van Gezina Louw, vrou van oud-Speaker, Eli Louw.
Onder die ou pompe wat op Loeriesfontein te sien is, tel Eclipse, Star, Atlas, Ace Model C, Dandy, Dandy (met oliebak), Conquest, Gearing, Suiderkruis, Climax, Spartan, Springbok, Aermotor, Beatty Pumper, Hercules, Massey Harris, Malcomess, Dempster, Samson, Monitor en President.

Toe dié foto in Augustus 2003 geneem is, was Zwavelpoort, suid van die berg, nog wyd en oop
In die Bronberg-gebied het ons windpompe van uiteenlopende aard en ouderdom teëgekom. Laat weet ons asseblief as jy ‘n besonderse ou windpomp op jou grond het, of van een in die omgewing weet. |