Inbrekers op kamera gevang PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 28 April 2015 22:33
Untitled Document

Twee inbrekers is op kamera vasgevang toe hulle op Saterdagaand 29 Maart by Canterbury Veeartskliniek in Tierpoort ingebreek het.

Die inbraak was vroegaand, om 7.30 nm, en hulle het ‘n bossiekapper, spaarwiel en stok met saaglem om takke af te sny, gebuit. Een van die boewe loop met ‘n boutsnyer.

Die twee inbrekers

Canterbury Veeartskliniek is op die Tierpoort/Boschkop grondpad, ook bekend as die pienk pad, tussen Lynnwoodweg-verlenging en die Boschkop teerpad. Dit is ‘n perde-chirurgie kliniek, wat deur die eienaar Dr Ingrid Cilliers, bestuur word.

 

© 2019 Die/The Bronberger