Mooiplaats-opgeleide skaaphonde presteer in die Karoo PDF Print E-mail
News - Artikels
Tuesday, 28 April 2015 20:31
Untitled Document

Tania Quarmby is die enigste suksesvolle deelnemer aan die Suid-Afrikaanse Skaaphondvereniging se kompetisies, wat nie ‘n plaas of skape het nie. Dit het Shelby, haar agt-jaar-oue staatmaker, nie gekeer om uit te blink in die vereniging se eerste uitdunne van die jaar nie.


Wie sê visse kan nie aangekeer word nie?
.

Roxy, Shelby, Gypsy Girl en Georgi Girl by ‘n plaasdam in Sutherland

Shelby op haar stukke in Sutherland
.

Tania lei haar honde oor naweke op met Mervyn en Nic Woodrow se skape op hulle Mooiplaats-plot.

Die Hoogland Sutherland uitdunne in die Noord-Kaap is op 17 en 18 Maart gehou en die Rooidraai Aberdeen uitdunne in die Oos-Kaap op 20 en 21 Maart. Shelby het haar klas in Aberdeen gewen en het die Beste Senior-toekenning oor die twee dae gewen. Sy het ‘n derde en vyfde plek in die senior-afdeling in Sutherland gekry.


Tania, Roxy, Gypsy Girl en Shelby in Sutherland

Tania het haar vier honde, Roxy, Shelby, Gypsy Girl en Georgi Girl, saamgeneem Karoo toe. Georgi Girl, die nuutste hondjie, is agt maande oud en gereed om met opleiding te begin.

Roxy, wat nou 12 jaar oud is, het die toestande in die Karoo nie gunstig gevind nie en het van haar uitdunne nie klaargemaak nie. Toe Roxy 11 jaar oud was het sy tweede gekom in die ‘Top Dog’-afdeling by die Grootvlei Caledon uitdunne, waar al die Karoo-skaapboere se honde meegeding het.


Gypsy Girl in Sutherland

Shelby keer Alpakkas aan in Sutherland

“Dit is nogal ‘n prestasie vir ‘n hond wat nie op ‘n plaas bly nie,” sê Tania.

Gypsy Girl het in die junior-afdeling meegeding, waar sy ‘n derde en vyfde plek in Sutherland gekry het en ‘n derde en vyfde plek in Aberdeen.


Roxy werk hard in Sutherland

Shelby sien ‘n Sutherlandse hoender

Tania sê dit is die eerste jaar wat hulle in Aberdeen meegeding het. Sy verduidelik dat die uitdunne die plaas waarop dit gehou word, sowel as die gebied se naam dra. Die plaas Rooidraai in die Aberdeen-distrik behoort aan Chris Haywood en, omdat hy drie dogters het, het hy die hekke pienk en wit geverf, iets wat deelnemers nog nooit by ander uitdunne gesien het nie.


Volgens Shelby moet varke ook aangekeer word

Nie eers die ganse spring vry nie

Tania oefen elke Saterdag en Sondag op die Woodrows se Mooiplaats-plot en probeer oor langnaweke ‘n paar ekstra dae inpas. Sy laat elke hond omtrent ‘n halfuur oor twee sessies in ‘n dag met die skape werk.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online