Het jy gehoor? / Have you heard? - Okt 2008 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Wednesday, 15 October 2008 23:14
Untitled Document

Ons hoor ’n sekere restauranteur van Boschkop het anderdag vir meer as ses ure lank manmoedig saam met ander mense uit die omgewing baklei teen ’n woeste veldbrand in die gebied. Laat die aand, toe die brand uiteindelik onder beheer gebring is, het ons dapper brandslaner doodmoeg op die bed langs vroulief neergeval en dadelik aan die slaap geraak. Die volgende oggend was hy vroeg weer wakker en baie verontwaardig om te sien dat sy wederhelfte van vele jare die aand op die bank geslaap het. Hy was later baie verlig om by haar te hoor dat hy nie in sy liefde verlaat is nie, maar dat geen mens sonder ernstige beserings dié aand langs hom kon slaap nie, soos hy deurnag wild en wakker met swaaiende arms in sy slaap brand geslaan het.

xxxxx

Real examples of absentee notes from parents collected by South African schools
• Please excuse Roland from PE for a few days. Yesterday he fell out of a tree and misplaced his hip.
• John has been absent because he had two teeth taken out of his face.
• Please excuse Jason for being absent yesterday. He had a cold and could not breed well.
• Please excuse Mary for being absent yesterday. She was in bed with gramps.
• Please excuse Tommy for being absent yesterday. He had diarrhoea and his boots leak.
• My son is under a doctor’s care and should not take PE today. Please execute him.

xxxxx

Die gesogte toekenning van Krater van die Maand gaan aan die mens of mense wat verantwoordelik was vir die “opgradering” van dié stukkie pad in Zwavelpoort. Sowat 500 meter van die pad, wat iemand as Saintsstraat gedoop het, is opgegrou en toe begin die geweldige gewerskaf wat maande geduur het. In hierdie tydperk is die pad dikwels gesluit deur reuse klippe daaroor te rol, sonder dat niksvermoedende motoriste gewaarsku is. Die gevolg is dat menige swetsende inwoner van die gebied telkens voor die klippe moes omdraai en dan ’n groot draai moes ry om by hulle bestemmings uit te kom. Gerugte wou dit hê dat ‘hulle’ besig was om die pad te teer, maar moenie glo nie. Die gevolg van die maande se ongerief is seker een van die gevaarlikste en swakste stukkies pad in die Bronberggebied. Reuse los gruisklippe lê dik oor die pad gestrooi en dit het sinkplaat gevorm soos min. Pleks van rooi stof, gooi die nuwe stukkie pad ’n stikkende fyn, grys weergawe die wêreld vol. Dis ’n geval van op jou tande kners en kophou om nie in ’n sloot of deur ’n draad te beland, voor jy ’n sug van verligting kan slaak as jy weer op die ou, ongerepte deel van die pad beland. Wonder wie vir dié gemors moes betaal.

xxxxx

Bring-en-braai op die Afrika-manier

 

 

© 2024 Die/The Bronberger