Waar gaan ons kos vandaan kom? Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 28 April 2015 22:22
Untitled Document

Brandt Fourie van Pretoria skryf:
Ek is nog nie ’n gereelde leser van Die Bron‎berger nie en blaai maar net so nou en dan daardeur wanneer ek kans kry. Ook is ek nie ’n boer of plot-eienaar in die genoemde omgewing nie, net ’n gewone inwoner in Pretoria.

Daar is iets wat my egter pla oor die berig ‘Metroraad beplan ‘nuwe stad’ in hoewegebied’. Eintlik hinder dit my lankal, lank voor dié berig toe Silver Lakes omgewing se ontwikkeling net begin het.

My vraag is soos volg: Ek verstaan dat die stad moet uitbrei en dat die massiewe ontwikkelings sal bydra tot ekonomiese groei van die metro, maar ek wil weet wat word van al daai boere en ploteienaars wat hulle lewens wy aan kos voorsien en vir ons wat in die stad woon‎ en, ek is heeltemal bewus daarvan dat die stad se kos nie noodwendig net van daar af kom nie.

Ek praat oor die algemeen. Suid-Afrika is nie ’n baie groot land nie. Ons kan en sal nooit met lande soos die VSA kan meeding nie, en as al ons landelike en plaasgebiede omskep word in groot ‘fancy’ stede met baie ligte en treinbrûe ens, waar gaan ons kos vandaan kom?

Wat gaan ons uitvoer om wins te maak en die ekonomie te laat groei? SA is ’n baie mooi land maar net toerisme alleen kan nie voorsien in ons land se behoeftes nie. Ek hoop my vraag maak sin en dat iemand vir my ’n antwoord sal hê.

 

© 2020 Die/The Bronberger