Ons rooibokke is weg Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 28 April 2015 22:20
Untitled Document

Renee Botha van Zwavelpoort skryf:
Drie van ons rooibokke het op 8 April deur die wildsheining gebreek en ontsnap. Twee ooie en ‘n ram. Die ram en ooie was nie saam nie. Die ram was in die blok tussen Tau- en Luiperd- en Cheetahstrate in Tierpoort en ons het hom op Maandag 13 April gaan pyl en hy is terug by die huis. 

Dis heeltemal onbekend waar die ooie is. Hulle is nog baie jonk. Ek wil asseblief vir al die Bronbergers vra as hulle die ooie sien of hulle ons kan kontak.   

Ons is op Zwavelpoort 270 en my nommer is 083-272-5790.

 

© 2020 Die/The Bronberger