Drinkwater langs pad gestort PDF Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 20 March 2015 01:37
Untitled Document

‘n Vragmotor van Ekurhuleni munisipaliteit het silwerskoon drinkwater langs die Bapsfontein-Bronkhorstspruitpad (R25) gestort.

Anabel en Becker van Niekerk het op Sondagoggend 22 Februarie met dié pad gery toe hulle naby Bapsfontein sien hoe die vragmotorbestuurder die drinkwater doelbewus in die padreserwe laat uitloop.
Behalwe die munisipaliteit se naam, staan daar ook duidelik ‘Drinking Water’ op die tenk.


Becker van Niekerk probeer by die vragmotorbestuurder uitvind hoekom die
drinkwater langs die pad gestort word

“Die bestuurder kon nie vir ons verduidelik hoekom hy besig was om vars drinkwater langs die pad te stort nie,” sê Anabel. “Ons kon nie aan enige rede dink hoekom iemand drinkwater so sal stort nie, behalwe miskien dat hy dit iewers moes aflaai maar nie lus was nie,” sê sy.


Skoon drinkwater word langs die Bapsfontein-Bronkhorstspruitpad gestort
Foto’s: Anabel van Niekerk

Op die tenk verskyn ‘n 086 telefoonnommer wat ‘n mens kan bel met klagtes. Dit blyk egter dat die nommer glad nie werk nie.

Alle pogings om kommentaar oor die voorval by Ekurhuleni-munisipaliteit te kry, was vrugteloos.

 

© 2019 Die/The Bronberger