Boschkopinspekteur sterf in botsing |
|
|
News -
Ons Mense
|
Wednesday, 15 October 2008 22:52 |
Untitled Document
’n Inspekteur wat sedert die
ontstaan van die Boschkopse
polisiestasie 15 jaar gelede
daar gewerk het, is op Vrydagaand
26 September dood
in ’n trompop botsing teen ’n
groot polisie-pantservoertuig.
Insp. Moses Joseph Matlala se
motor het omstreeks 8:15 nm
op die Boschkop-pad reg van
voor teen die pantservoertuig
gebots. Drie polisiereserviste
is lig beseer in die botsing.
Volgens sers. Marinda Stoltz, polisiewoordvoerder,
was insp. Matlala ná werk van die polisiekantoor
onderweg na sy huis toe die ongeluk gebeur het.
Insp. Wynand van der Merwe, wat in 1993 saam met
insp. Matlala by Boschkop begin het, sê hy was gewild
onder sy kollegas. Almal het hom op sy bynaam, Baby
Jake, genoem.
“Baby Jake was ’n hardwerkende polisieman en hy
was altyd vriendelik. Ons gaan hom mis,” sê insp. Van
der Merwe.
Insp. Matlala was in sy laaste diensjare by die speurtak
betrokke. Hy laat ’n vrou, twee dogters en kleinkinders
agter.
 Insp. Moses Joseph ?Baby Jake? Matlala
|
|