Eskom se donker verhaal Print E-mail
News - Briewe
Friday, 20 March 2015 01:08
Untitled Document

Elize Briel van Shere skryf:
Baie dankie vir ‘n wonderlike tydskrif soos Die Bronberger. My kleinkinders het al baie van die inligting uit ‘Toeka se dae’ gebruik vir skoolprojekte, en baie goeie punte vir die take gekry.

Ons ‘baklei’ letterlik oor wie eerste Die Bronberger gaan lees, so hoog word dit aangeslaan by die familie! Ek het vir sewe jaar lank elke maand die tydskrif vir my dogter in Nederland gestuur, en as die pos ‘n bietjie stadig was, is ek vinnig gebel om te vra of dit al gepos is.

Met betrekking op die ‘kommentaar’ in Februarie se Bronberger: ‘Ons herhaal – ‘n mislukking’. Ek het ‘n stuk wat ‘n oud Eskom ingenieur geskryf het, gelees. Dit was aan my gestuur vanaf ‘n vriend by die Nan-Hua Boeddhiste Tempel buite Bronkhorstspruit. 

Ons regering flik-flooi by die Chinese vir beleggings in Suid-Afrika, en hulle belê miljarde in ons land (miskien met ‘n agenda), want met statistieke soos die stuk aandui, is dit net ‘n kwessie van tyd voor die hele ekonomie inmekaar val, en dan kan die miljoene Chinese begin instroom na ons land.

Hulle werk letterlik van donker tot donker vir drie porsies rys per dag. Hulle bly in vraghouers sonder enige basiese dienste, tog te bly daar is werk en kos. Wat gaan ons regering dan maak?

Brief verkort. Daar is ongelukkig nie plek om die stuk oor Eskom wat aangestuur is, hier in te sluit nie. – Red

 

© 2020 Die/The Bronberger