PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 22 January 2008 00:00
Untitled Document

Daleen Botes van die Paul Jungnickelhuis se bemarkingsafdeling skryf:

Paul Jungnickelhuis vir volwasse gestremde persone sê graag baie dankie aan die gemeenskap vir jul ondersteuning met die Nickel Kersmark in Desember. Sonder u ondersteuning sou die Kersmark nie naastenby so groot sukses kon gewees het nie.

Nickel Kersmark is een van Paul Jungnickelhuis se grootste fondsinsamelingsprojekte ten bate van 138 inwoners waarvoor Paul Jungnickelhuis ’n tuiste bied.

Onthou dat die Nickel Kersmark ’n jaarlikse instelling in Desember is in die Bronberge. Ek hoop ons sien u weer dié jaar.

 

© 2019 Die/The Bronberger