Cullinan se strate is vuil PDF Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 19 March 2015 23:07
Untitled Document

Lucia Greyling van Cullinan skryf:
Ek was nog altyd trots op ons dorp, Cullinan, en dit was vir my ’n voorreg om hier te kan bly en dit my “home town” te noem. Maar die dorpie wat so histories is en soveel toeriste lok, se strate, veral waar die toeriste kom, is so vuil en onnet.

Kan die munisipaliteit, wat soveel miljoene rande vermors het op ’n konsert wat nooit gerealiseer het nie, nie werkskepping doen en mense aanstel om die dorp se kern netjies te hou nie?

 

© 2019 Die/The Bronberger