Metroraad beplan ‘nuwe stad’ in hoewegebied PDF Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 20 February 2015 00:52
Untitled Document

Die metroraad het ambisieuse planne om die hoewegebied oos van Pretoria te verstedelik en ‘n N4 ontwikkelingskorridor, wat Silver Lakes met Cullinan sal verbind, te skep.

Volgens die burgemeester se woordvoerder, Blessing Manale, is dié projek reeds in sy tweede fase en is die plan om die stad algaande oos tot by Bronkhorstspruit te laat groei.

Die metroraad verwys na dié ontwikkeling as ‘Die Oos-hoofstad’ en beplan industriële ontwikkeling, landbou-verwerking en bemarkingsondernemings, residensiële- en kantoor-ontwikkeling en infrastruktuur-ontwikkeling soos watervoorsiening en vervoer met ‘n fokus op toerisme en ontspanningsgeriewe.


Die N4-snelweg gesien vanaf Donkerhoek met die hoewegebied oos van Pretoria in die agtergrond

‘n Finale verslag oor die nuwe stedelike ontwikkeling in die ooste is reeds by die metroraad ingedien en sal vir fase twee gebruik word. Die verslag sluit ontwikkelingsmoontlikhede en uitdagings in.

Volgens die metroraad sal dié ontwikkeling die gebied ten ooste van Pretoria self-onderhoudend maak en werksgeleenthede vir duisende mense in die omgewing van Bronkhorstspruit, Cullinan, Tweefontein en Donkerhoek skep.

Volgens Manale word riglyne vir ‘n burgerlike distrik gefinaliseer en gaan ‘n drie-dimensionele model gebou word.

  • Lees ook die berig hier oor die N4 Industriële Park wat by die Boschkop/Donkerhoek-afrit beplan word
 

© 2019 Die/The Bronberger