Lekhuleni eis ‘The Willows’ en Derdepoort PDF Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 20 February 2015 00:26
Untitled Document

’n Grondeis is op ‘The Willows’ 340 JR en Derdepoort 326 JR ingestel. Dié eis is in die Staatskoerant van 6 Februarie, Staatskoerant nr 38441, aangekondig.

Die eis is deur Velaphi Victor Lekhuleni ingestel en sluit alle gedeeltes van die plase in.

‘The Willows’ 340 JR is langs Equestria en ‘Willow Park Manor’, suid van die Ou Bronkhorstspruitpad (R104) en moet nie met ‘Die Wilgers’ verwar word nie.

Derdepoort 326 JR is langs Zambezi-rylaan-verlenging (R513).


‘The Willows’ 340 JR is langs Equestria en ‘Willow Park Manor’ en moet nie met ‘Die Wilgers’ verwar word nie

Na verneem word, betrek die grondeis nege plase en sluit onder andere in: die gebied vanaf die Cullinan/KwaMhlanga-kruising tot wes van die Zambezi-koopsentrum, Derdepoort, Mamelodi, Koedoespoort, Laerskool Die Poort, verskeie kerke, die Derdepark Winkelsentrum, die Duitse Skool en die Trans-Oranje Skool vir Dowes.

Die Staatskoerant verwys na ongeveer 500 eiendomme in private besit wat ook geraak word. Daar moet binne 60 dae insette gelewer word om die eis teen te staan.

Grondeienaars wat geraak word en wat nie ‘n lid van TLU SA is nie, kan direk met die kantoor vir Grondeise in Pretoria skakel. Die kontaknommer is 012-310-6500.

Vir meer inligting oor grondeise, bel TLU SA se Lynette du Plessis by 012-804-8031, stuur ‘n faks na 012-804-2014 of stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2019 Die/The Bronberger