Ons herhaal – dis ‘n mislukking PDF Print E-mail
News - Kommentaar
Thursday, 19 February 2015 22:22
Untitled Document

Ons het só ‘n entjie gevorder met kommentaar vir hierdie uitgawe oor die jammerlike toestand waarin Eskom die land nou gedompel het, toe dinge bekend begin klink. Met die terugblaai in ou Bronnies kom ons toe af op ‘n hoofartikel wat meer as sewe jaar gelede geskryf is. Dit is ontstellend opvallend hoe min in dié sewe jaar verander het. Wat ook opvallend is, is dat daar toe gesê is beurtkrag sou nog sewe jaar duur.

Gun ons die geleentheid om die kommentaar van Januarie 2008 te herhaal:
“Wie sien kans vir nog minstens sewe jaar van ‘beurtkrag’ soos wat ons die afgelope weke ervaar het? Want dit, sê Eskom, is hoe lank die kragmislukkings (power failures) nog sal duur – en basta.

“Dit is hoe lank ‘n land en sy mense nog deur die magtige Eskom gyselaar gehou gaan word. Ons het die afgelope tyd baie verduidelikings en verskonings gehoor oor die jammerlike toedrag van sake. Die waarheid is egter, glo ons, vervat in die onlangse woorde van ‘n “hoë amptenaar” van Eskom aan ‘n dagblad.

“Die amptenaar, wat nie sy naam genoem wil hê nie, skryf die mislukking toe aan ‘vaardigheidstekorte’ wat lei tot gebrekkige instandhouding met die gevolglike rampspoedige kragtekorte. Die mislukking is die direkte gevolg van ‘n regering se rassistiese beleidsrigting, wat hulle ironies genoeg, ‘regstellende aksie’ gedoop het. Mense met die nodige vaardighede is vervang met mense wat weinig of geen vaardighede het nie. ‘n Waterdigte plan vir mislukking.

“Die ‘aksie’ en gevolglike mislukking is natuurlik nie tot Eskom beperk nie, maar dit is waar almal dit nou aan die bas voel en in die volgende sewe jaar deurlopend gaan voel. Weer ironies genoeg, kan die ekonomiese ramp wat noodwendig wag op ‘n kraglose land, sorg vir nog ‘n groter uittog van mense met die nodige vaardighede. ‘n Bose kringloop, dus.

“Kan die verskerpte kragweerhouding in die afgelope tyd dalk ook ‘n kragtoertjie van Eskom wees omdat die 18% tariefverhoging waarvoor hy gevra het, nie toegestaan is nie? En het Eskom werklik nog geld nodig om sy instandhouding te doen en ‘n behoorlike diens aan sy klante te lewer? Ons haal hier onder direk uit die kragreus se jaarverslag vir 2007 aan. Oordeel maar self:
“The Eskom group financial performance for the year was good, driven primarily by the large growth in electricity sales volumes (4,9%). The operating profit before net finance cost for the group was R10 965 million including the impact of fair valuing embedded derivatives of R4 275 million. The profit for the year was R6 454 million, and if the impact of embedded derivatives is excluded, the profit after tax was R3 418 million.”

“Met syfers soos dié, hoekom sal die hoof uitvoerende beampte, wat die top stoel van Eskom met sy onbekwame bas teen R35 000 per dag volsit, en sy bestuur enigsins strewe na beter dienslewering?”

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online